Ek is Kevin Athol Ehrenreich, skepper van my dramageselsskap – Kopdoekie-Afrikaans & Teater – of kortliks net K. A. T.  Teater is die  platform / medium / waardeur ek my Liefde vir die Skeppende Kunste kan uitleef  en sodoende mense vermaak in die mees skeppendste taal op aarde, Afrikaans. Om skeppend te wees is my PASSIE !

Hier onderaan is daar meer besonderhede oor die 6 Gatiepie-Komedie–dramas wat ek oor die jare as Dramaturg – Regisseur en Akteur landswyd op die verhoog die lig laat sien het. Hierdie produksies was in Kleurvolle Afrikaans by AL die Suid Afrikaanse Teaters as-ook al Internasionaal in Afrikaans opgevoer, huidiglik toer oz. Daar is ook inligting in verband met my 2 televisie programe wat ‘n 13- episode doku-mentêr insluit en nou my Fliek / movie wat Desembermaand by Ster kinekor Teaters landswyd vertoon het.

Dis maar van die SPORE wat Kopdoekie-Afrikaans & Teater binne die kunste getrap en nalaat. Sommige is seker diep getrap, party maar vlak en ander het maar met die tyd en weg gewaai of weggespoel. “Bydrae / deelname” tot die kunstewêreld geskied binne die meriete wat mense bepaal, nie waar’ie ? Tyd sal Leer !

As kunstenaar is ek Skrywer – Digter – Dramaturg ( Verhoog, TV  & Radio ) – Akteur & Silwerdoekskrywer en as Suid Afrikaner is ek ‘n trotse Bruinman wat amusante en interessante grepe van ons Kleurvolle en Borrellende Bruingemeenskap uitbeeld op’ie verhoog of op’ie tiewie.
Ek is GATIEPIE ! Ek leef my passion uit as die karakter Gatiepie in al my Gatiepie-Drama-komedies - KOMIESE SKETSE.

By-the-way, my DROOM bly nog onveranderd . . .ek be-oog nog steeds om die hele wêreld, die mensdom laat lag. Dis maklik want smaails is ‘n bonus en laggies is verniet. Mister, sien julle vi’ oz, ja ONS . . .   
 “ Ons Coloureds, oz maak colourful movies. . . veral weekends !”

Breyten Breytenbach sê   “ Die Bruinmense gebruik Afrikaans op ‘n baie verbeeldingryke manier, so ryk, so geskakeerd. ” en Anastasia de Vries van die Rapport Koerant sê “ dis my harttaal ” WOW !
Oz gebruik die Taal Afrikaans op ‘n baie unieke wyse COLOURED-FUL ! of is’it nou Cloured-fool .
Daar bestaan verskillende opinies oor ons as-ôk oz Taal Afrikaans, - joune, myne en die waarheid.

Die digter Peter Snyders sê in – ‘n Ordinary mens – in diep betekenisvolle woorde "ek drink oek die nuwejaar , elke jaar in . . . van Krismis tot Krismis lekke gepis……ja, soe bly ek maar ‘n hêppie mens en julle dink nog steeds oz is net ‘n klomp gangsters nie waar’ie ,….stry nou………..stry !

Ek’s ‘n Blêddie KROESKOP kustenaar !   en wil net By-the-way vir julle sê dat, HARE soos in high watt blow dryers by oz vroumense is n baie-baie gevoelige saak is……… . . my ma-hulle en anties-goed se survival kit bly nog maar altyd ‘n doekie - now-a-day’s sommer ‘n plêstiek-pakkie vir as ‘n STORM  skielik hier om oz moet losbars . . . anders gaat oz hare weg . . . frizzy is Coloured Magic ! .........eat-your-heart-out Girl.

Ek doen alles, of dit nou reg- of verkeerd is, met alle mensliewendheid in kleurvolle beskrywende Afrikaans, vibrant en lekke’ ge-spice. . . son’er enige vloekwoorde...

. . . want ek skryf soos ek praat –,  “My broertjie, hier’ie tjôklits is vir’ie mêrim met’ie naais smaail. . . ek smaails oek, al is ek haasbek

Ek raak by vele skryfprojekte betrokke en skryf byv. vir Dr. Kamla Patel van die Sathya Sai Afrika Organisasie dramas met die temas : Truth -  Right Conduct – Peace – Non Violence & Love. Dit was vir hulle International Education in Human Values Program gewees.  

In 1997 was ek een van die finaliste in die RSG/Sanlam Radio-dramakompetisie. Gedurende hierdie werkswinkel was ek bevoorreg om die radio-verwerking Kanna hy kô Huistoe van Adam Small te studeer onder die leiding van die Radio Drama maestro Robert Young.

My eerste Drama-komedie of “ Gatiepie-drama “  – Gatiepie sien sy Gat. . . debuteer by die 25-ste verjaarsdag van die Standard Bank Nasionale Kunstefees te Grahamstown wat geopen word deur President Nelson Mandela.

Ons openingsaand was in die Monument Building doer op die heuwel myle buite die dorp in ‘n teater op onderstevloer en dit was ‘n uur na die president se toespraak. 

Daar was net 22 mense in die gehoor.

Die volgende oggend het ons resensie CUE koerant verskyn. ‘n review om op trots te wees. “ Best one-liners EVER “ ens. ens.  Met die gevolg dat met die volgende 5 opvoerings het die mense by die deur vir kaartjies baklei en was bereid om regdeur die show te staan, ander moes ongelukkig omdraai omdat daar niks meer staanplek was nie. (vervolg op bladsy 2)
 
 
Tuisblad / GATIEPIE ! || Resensies / Reviews | Teater / Theatre | Flieks / Movies
International Review / Resensie | English version / GATIEPIE !

Kopiereg 2012 © Gatiepie | Alle regte gereserveer

Ontwikkel en ontwerp deur Tulip Graphics